Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Daniel Hugo: Op 75 hou Philip de Vos Afrikaans vonkelend jonk

Kop op \'n blokDie roebaijat van Omar KhajjamPhilip de Vos het op 16 Junie, vir Suid-Afrikaners bekend as Jeugdag, 75 jaar oud geword.

Daniel Hugo het ‘n huldeblyk aan De Vos geskryf waarin hy hom vereer vir sy ewige jeugdelikheid: “Al is De Vos ook hoe veelsydig as kinder- en jeugboekskrywer, limeriekmaker, vertaler, sanger en fotograaf (van bekendes in die kunstewêreld), neem hy homself nie te ernstig op nie. Maar daar is duisende ­ernstige lesers wie se lewens deur sy boeke verryk is. En op 75 hou hy die Afrikaanse letterkunde steeds vonkelend jonk.”

Lees die volledige artikel:

16 Junie is Jeugdag, en ’n meer gepaste verjaardag kan daar nie vir Philip de Vos, die ewig jeugdige, wees nie.

Hy het ’n reuse-bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gemaak, deurdat hy ’n broodnodige speelsheid en sprankel daaraan gegee het in ’n tyd toe die meeste skrywers diep gewroeg het oor die land en die lewe. Dit was die era van gekwelde ­geskrifte oor die grensoorlog en gay-wees.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment