Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Transformasieplan veroorsaak wrywing op Stellenbosch

Maties en AfrikaansTransformasie en inklusiwiteit veroorsaak opnuut spanning in Matieland vandag met die Universiteit Stellenbosch-raadsvergadering wat eenstemmigheid moet bereik oor ‘n voorgestelde Transformasieplan deur die Sentrum vir Inklusiwiteit.

“Luidens ’n voorlegging – in Die Burger se besit – wat die sentrum opgestel het, word die US onder meer gekarakteriseer as ‘hoofsaaklik wit, heteroseksueel, manlik, Afrikaans en met belang in die sieninge van die alumni en die konvokasie en sieninge in die Afrikaanse media,’” berig Samantha van den Berg in Die Burger

Vir meer oor die geskiedenis van een van die teerpunte van dié plan, die omstrede taaldebat, loer gerus na Maties en Afrikaans deur Pieter Kapp.

Een van die twispunte is ’n “transformasieplan” van die US – ’n plan wat volgens bronne verlede jaar deur die raad afgekeur is. Prof. Russel Botman, rektor en visekanselier, het verlede week aan Die Burger gesê die plan hoef nie deur die raad goedgekeur te word om uitgevoer te word nie. Sommige lede van die universiteitsgemeenskap is omgekrap omdat die plan glo reeds deur die sentrum – wat in 2013 tot stand gebring is – uitgevoer word.

​Die sentrum se Facebook-blad lui hy het ten doel om “transformasie op kampus te bestuur, te ondersteun en te monitor”. Dié beskrywing is intussen verwyder. Die US is die derde oorwegend Afrikaanse universiteit wat die afgelope maande oor “transformasie” in die nuus is. Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus en die Universiteit van die Vrystaat is die ander twee.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment