Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Fransjohan Pretorius verwelkom belofte dat geen historiese standbeelde verwyder sal word nie

A History of South Africa”Die simbole is deel van ons geskiedenis – deel van ons nasie. Sommige kan ongemaklik voel oor sekere simbole, maar watter nasie gaan ons wees as ons vergeet waar ons vandaan kom?” Só het die nuwe minister van kuns en kultuur, Nathi Mthetwa gesê voordat hy verklaar het dat die regering “wil konsentreer op dit wat Suid-Afrikaners verenig as dit wat hulle verdeel” en daarom nie standbeelde en simbole uit die apartheidsera sal verwyder nie, berig Du P Martins in Pretoria East Rekord.

Fransjohan Pretorius, bekende geskiedkundige en samesteller van A History of South Africa, het hierdie verklaring verwelkom: “Die aankondiging dat daar nie weggedoen sal word met die vorige bedeling se kultuurhistoriese simbole nie word verwelkom want sou ons dit doen, verskaal ons net ons geskiedenis as bestaande uit net goeie en slegte mense. Sy benadering gee ook ander kultuurgroepe ‘n asemskep-geleentheid.”

Lees die berig:

Die ewewigtige benadering en versekering van Nathi Mthetwa, die nuwe minister van kuns en kultuur, met die versekering dat geen standbeelde en simbole uit die apartheidsera verwyder sal word nie, is gister deur historici en Afriforum in Pretoria verwelkom.

”Die simbole is deel van ons geskiedenis – deel van ons nasie. Sommige kan ongemaklik voel oor sekere simbole, maar watter nasie gaan ons wees as ons vergeet waar ons vandaan kom?” het Mthetwa aan joernaliste gesê kort voordat sy departement se begrotingsdebat in die parlement begin het.

Boekbesonderhede

Book details

 

Please register or log in to comment