Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Avontuurland: Bekende en onbekende stories uit die verhaleskat van Helena JF Lochner

AvontuurlandAvontuurland is ‘n pragtige kinderboek met bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena JF Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Kinderland, Kleuterland, Diereland en Storieland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër en is daarop gemik om die verbeeldingswêreld en avontuurlus van die jong kind te prikkel. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Die kleurvolle illustrasies is deur Chris Venter wat al ‘n ATKV-Kinderboektoekenning gewen het vir sy werk, gedoen.

Oor die outeur

Helena JF Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”.

Mense vra lankal: Wat het van Helena Lochner se pragtige stories geword? Hoekom kry ‘n mens dit nie meer nie? Nadat die gewildste van alle Afrikaanse kinderskryfsters dood is, het haar boekies die een na die ander uit druk geraak en was nie meer verkrygbaar nie. Nou is die verhale wat kleuters destyds bekoor het weer vir die kinders van vandag beskikbaar.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment