Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Uittreksel: “Die pienk doek” uit Verdriet se moses deur Helm Jooste

Verdriet se mosesMet Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op ʼn nostalgiese reis na daardie Suidwes: ’n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met ‘n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid ’n mens jare later nog kan laat skater.

Hierdie keur verhale oor die ou Suidwes en sy sout-van-die-aarde-karakters word aangevul deur Fred Mouton se unieke illustrasies.

Hieronder volg een van die stories uit hierdie bundel, getiteld “Die pienk doek”:

* * * * * * *

Die pienk doek

Dis goed veertig jaar gelede.

Ons woon nog op Otjiwarongo. Dis vakansie en die kinders is by die huis. Jan is ’n mannetjie van neëntien en Irene ’n meisiekind van om en by vyftien. Sy’s nog by ons op die dorp in die skool, maar hy’s ’n eerstejaar op Stellenbosch en verskriklik ingestel op wat korrek is. Sy ma se rokke is glo oudmodies en my Afrikaans geradbraak.

Een naweek ry ek en Jan en sy ma plaas toe. Ek boer toe nog op Aroma en is besig om daar te boor vir vars water. Irene kuier by ’n maatjie.

Ons ry met ’n bakkie. Toe ons op die plaas aankom en net ná ons koffie gedrink het, sê ek vir Jan: “Kom ons gaan kyk hoe vorder die boordery.”
“Ek gaan saam,” sê sy ma.
Ek bestuur. Ons sit al drie voor in die bakkie. Ek ry stadig al op die boor- en enkele motorspore.

Die polgras staan geil en die bos is plek-plek dig. Ek ry stadig en Jan hou die 30.06 gereed ingeval ’n koedoe ons dalk verras.

“Julle het nog nie die boorman gesien nie, nè?” vra ek.
Nee, hulle het nie.
“Wel, hy’s die grootste, vetste stuk mensvleis wat ek nog ooit teëgekom het.”
“Hoe kan hy dan die boor hanteer?” vra Joey.
“Hy’s glo ’n uitstekende boorman en volgens wat Jan de Klerk vertel, ook baie, baie vinnig op sy voete. Met die boeredag onlangs het hy die jongmanne glo disnis gehardloop,” vertel ek
verder. “In stede van te sê ‘baie, baie vinnig op sy voete’ kan Pa Verdriet gerus die woord ‘blitsig’ gebruik. Hy’s blitsig op sy voete,” help Jan my reg.
Ek laat hom maar begaan.

Ons is later digby die boor. Ek kan sy egalige gestamp duidelik hoor. Swarthaak en rosyntjie belemmer ons uitsig. Die enkele groot basterkamele en appelblaar ook.

Skielik roep Joey opgewonde uit: “Watse pienk lap hang daar onderaan daardie boom?” en sy wys na ’n appelblaar so honderd tree regs voor ons.
“Dis g’n pienk lap nie, Ma!” kom dit hewig ontsteld van Jan.
“Maak toe jou oë! Dis ’n kaal, vet man wat daar sit! Daar hang sy overall aan die boom langs hom!”
Dis net toe dat “die pienk lap” skielik onraad merk en opvlieg, sy overall gryp en koers kies … In blote verwarring eers reg op ons af, en toe hy die motor gewaar, soos blits, reg weg van ons af, in volle vaart oor pol en bos. Jy moes hom sien! ’n Kaal, voortvlieënde, pienk kolos … soos ’n oerdier die digte bosse in.

Ek smyt amper die bakkie om soos ek lag. Maar Jan is die duiwel in vir sy ma:
“Dis oor jy ook altyd wil saamry met ons mans! Nes ’n wiel draai, wil jy ry. Sien jy nou wat gebeur met al jou saamryery!”

En sommer vir my ook: “Dis glad nie snaaks nie, Pa! Kom ons ry huis toe! Ek skaam nog vandag my oë uit my kop uit vir julle!”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment