Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Mick Inkpen se boeke nou ook in Afrikaans: Is dit slaaptyd, Wikkels Vark? en Wikkels Vark het 10 ballonne

Twee nuwe boeke in Mick Inkpen se Wikkels Vark-reeks, vertaal deur Shané Kleyn, is nou by Protea Boekhuis beskikbaar:

Wikkels Vark het 10 ballonne

 
Wikkels Vark het 10 ballonneWikkels Vark is baie trots op sy tien ballonne. Maar sy vriende wil elkeen een hê.

Toe hy weer sien, is selfs sy gunstelingballon weg.

 
 
 
 
 

* * * * * * * *

 

Is dit slaaptyd, Wikkels Vark?

Is dit slaaptyd, Wikkels Vark?

Is jy nie vaak nie, Wikkels Vark?

Nee, ek’s hopperig!

 
 
 
 

* * * * * * * *

Mick Inkpen se Wikkels Vark (“Wibbly Pig” in Engels) het wêreldwyd miljoene eksemplare verkoop!

“Wie kan Wikkels Vark weerstaan?”
The Independent on Sunday

Hierdie boekies is geskik vir peuters van 0 to 5 jaar.

Oor die outeur

Mick Inkpen (1952) is bekend vir die skep van karakters soos “Kipper the Dog” en “Wibbly Pig” (“Wikkels Vark” – Protea 2011, 2014). Hy het al verskeie internasionale pryse gewen insluitend The British Book Award vir Lullabyhullabaloo en Penguin Small, The Children’s Book Award vir Threadbear, The Parents and Munch Bunch Play and Learn Award en The Right Start Petit Filous Best Toy Award vir Where, Oh Where is Kipper’s Bear?. Hy het in 1991 die Children’s Book Award ontvang vir Threadbear. Kipper het in 1998 ’n BAFTA ontvang vir beste geanimeerde rolprent, en Kipper’s A to Z het ’n silwer medalje gewen in die 2001 Smarties Prys.

Oor die vertaler

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed, Die eier en Viskos (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment