Wat is dit dan wat Karel Schoeman so anders maak?
Karel Schoeman, een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers, het al talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk is reeds talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys, en nou is daar gerugte van die Nobelprys vir Letterkunde met wedders wat sy kanse op 19/1 plaas.
Schoeman se werk was onlangs die onderwerp van die Kleinmond Leeskring se maandelikse vergadering. Die groep het hul notas op hul blog gedeel en, al is die aanvullende notas nie beskikbaar nie, dit bied wonderlike insig tot hierdie ontwykende dog uiters gewilde skrywer se werk. Hulle lig onder meer ‘n aantal kenmerke van Schoeman se werk uit:
- Die stemminge wat hy skep
- Sy introspektiewe manier van vertel
- Die taal wat hy ontgin
- Sy deeglike navorsing
- Sy uitmuntende karakterbeelding van hoofsaaklik die randfiguur
- Sy uitsonderlike simboliek
- Die temas wat hy aanraak
Mariana Celliers, gespreksleier by hierdie leeskring, skryf: “Prof Chris van der Merwe het in een van sy besprekings van Karel Schoeman se werke, genoem dat daar die vyftigers was, met hul plaasromans, die berugte sestigers, ook o.a. modernisme en post-modernisme. … En dan was daar Karel Schoeman!”
Lees haar artikel vir meer:
Wat is dit dan wat Karel Schoeman so anders maak?
Om hierdie vraag te beantwoord, sal daar natuurlik baie noukeurig na meer as een van sy boeke gekyk moet word. Ek sal onder sy vel moet inkom!
Ek het dus met die oplees van die Stemme trilogie, uiteindelik sewe boeke gelees. Soos my man spottend verwys: as jy oor Dawid en Goliat moet praat begin jy by Genesis en eindig by Maleagi.
Ek het baie gekry om oor te kan praat, maar soos JM Coetzee tereg opmerk as hy ‘n boek skryf: hy sê wat hy wil sê in om en by 200 bladsye. Alles daarna is oorbodig. Ek sal probeer…maar ek is beperk; definitief tot baie minder as 200 bladsye!!
Terloops, daar is redelik algemeen deur resensente parallelle gevind tussen JM Coetzee en Karel Schoeman se romans; veral tussen “Hierdie Lewe” en “ In the Heart of the Country”.
Boekbesonderhede
- Hoogty: Die opbloei van ’n koloniale kultuur aan die Kaap,1751-1779 (Kolonie 7) deur Karel Schoeman
EAN: 9781485300960
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Twee Kaapse lewens: Henricus en Aletta Beck en die samelewing van hul tyd, 1702-1755 deur Karel Schoeman
EAN: 9781869199784
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Here en boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712 deur Karel Schoeman,
EAN: 9781869192730
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Burgers en amptenare deur Karel Schoeman
EAN: 9781869192723
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment