Uittreksel uit Rooikappie deur Philip de Vos: “Want die liefde is nie altyd alte mooi”
Philip de Vos is ’n bekende skrywer, digter en vertaler. Sy nie-fiksie boek oor bekende figure in die kunstewêreld, Kop op ’n blok, het in 2012 by Protea Boekhuis verskyn.
De Vos het al vele kinderboeke na Afrikaans vertaal, onder andere Julia Donaldson se Stokman, Zok, Rower Rot en Kris de Kat.
Die Pos het ’n uittreksel gedeel uit De Vos se weergawe van die gewilde sprokie, Rooikappie – waar ontnugtering seëvier en die wolf ook as ‘n padvark bekend staan.
Lees die uittreksel:
Jy wou nog sê: “…Wees nés Rooikappie, Luister áltyd na jou pappie…”
Jy wou nog op pad huis toe vir die laaste keer melkskommel by die Wimpy gaan drink, maar sy was skielik groot en die Wimpy alte goor.
Jy het ’n piekniekmandjie gepak, haar na die bose stad gevat en toe jy opkyk staan sy met Hendrik Janse van der Colff in jou deur.
Jy vra: “Hoekom is jou oë so rooi?” Sy antwoord en trek haar gesig op ’n plooi: “Want die liefde is nie altyd alte mooi”.”
Boekbesonderhede
- Stokman deur Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos
Boek se tuisblad
EAN: 9781485300533
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Zok deur Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos
Boek se tuisblad
EAN: 9781485300335
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Rower Rot deur Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos, geïllustreer deur Alex Scheffler
EAN: 9781485300311
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kris de Kat deur Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos, geïllustreer deur Alex Scheffler
EAN: 9781485300304
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kop op ’n blok deur Philip de Vos
EAN: 9781869195465
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment