Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Ontmoeting: Twee gedigte en ’n besonderse storie deur Heilna du Plooy

Die stilte opgeskortHeilna du Plooy het die twee slotgedigte, “Lemoene I” en “Lemoene II”, uit Die stilte opgeskort op Versindaba gedeel en ook ‘n besonderse storie oor hierdie twee verse vertel.

“’n Lemoen is vir my die uiteindelike higiënies en nuttig verpakte, heeltemal natuurlike padkos: ’n verruklike fles gepreserveerde sap en voedingstowwe,” skryf die digter. Sy vertel van ‘n skildery van ‘n vrou met haar arms vol lemoene wat sy jare gelede geverf het en verduidelik hoe dit verband hou met ‘n standbeeld wat sy op besoek aan die suide van Frankryk ontdek het.

“Dit is onvermydelik om daaroor ’n brief te skryf,” sê du Plooy. Lees haar brief aan die kunstenaar:

Beste Sylvie Ramu

Tydens ’n onlangse besoek aan die suide van Frankryk het ek in St. Paul de Vence in die Galerie Vladimir Rustinoff et Joël Guyot ’n beeldhouwerk van jou gesien. Dit is die beeld van ’n vroutjie wat met haar arms vol appels staan. By haar voete lê een appel wat geval het.

Die beeld het my diep aangegryp, maar nie net omdat dit ’n pragtige kunswerk is nie. Ek is ’n digter en het in 2006 ’n gedig geskryf oor ’n vrou wat lemoene pluk in ’n tuin. Hierdie gedig vorm een deel van ’n tweeluik en is een van my gedigte wat my baie na aan die hart lê. In my gedig loop die vrou uit die tuin uit om die lemoene met ander te gaan deel, maar buite die tuin waai daar ’n sterk wind. Dan begin die lemoene val. Jou beeld se voete lyk asof jou vroutjie ook probeer om meer te dra as wat sy kan behartig en jy kan jou voorstel hoe ’n diep gevoel van herkenning ek ervaar het toe ek jou beeld sien.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment