Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Chris van Niekerk lees Doc Immelman se kortverhaal, “Die groot sand”

Die groot sand en ander storiesDie bekende akteur Chris van Niekerk het onlangs die titelverhaal van Doc Immelman se versamelbundel, Die groot sand en ander stories, op RSG se Kortom-program voorgelees.

“Die groot sand” het in 1955 in die Huisgenoot verskyn, en Margot Luyt sê ter inleiding: “Ek moet sê dit het nie verouder nie, dit lees heerlik.”

Die verhaal handel oor twee diamantsmokkelaars wat sand en son in die dorre Namibwoestyn trotseer om hul buit “agter die groot sand” te gaan haal. Immelman beskryf die son as “wit en hard en skroeiend” en selfs die skaduwee is bedompig. Die twee mans eet beskuit en soutvleis en probeer om minder te rook om die dors te keer, maar wat gebeur wanneer die water opraak?

Luister na die voorlesing:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment