Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Die potlooddief se bruid en ander stories-bekendstelling: Keina Swart vertel waar sy haar stories vind

Bekendstelling: Die potlooddief se bruid en ander stories

 
Keina Swart het vandeesweek haar jongste bundel rubrieke, Die potlooddief se bruid en ander stories, by Protea Boekwinkel in Hatfield bekendgestel en was in gesprek met die digter en redakteur, Martjie Bosman. Nicol Stassen, die besturende direkteur van Protea Boekhuis, het die verrigtinge geopen en die gaste verwelkom.

Bekendstelling: Die potlooddief se bruid en ander storiesDie potlooddief se bruid en ander storiesSwart is ’n bekroonde rubriekskrywer en die redakteur en mede-eienaar van die gemeenskapskoerant, Die Pos. Haar eerste jeugboek, Bloujaar, het in 2014 by Protea verskyn.

Bosman het ter inleiding gesê dat sy Die potlooddief se bruid en ander stories byna in een sitting gelees het, maar hoe nader sy aan die einde gekom het, hoe stadiger het sy gelees, want sy wou nie hê die stories moes ophou nie. Haar eerste vraag aan Swart was, “Waar het jy begin skryf?”

Bekendstelling: Die potlooddief se bruid en ander storiesSwart het vertel hoe sy van kleins af saam met haar ouma na Springbok Radio geluister het en die resepte moes afskryf. Die aanbieder het die instruksies twee keer gelees en het altyd geëindig met, “en ’n knippie sout”. Sy het nie geweet hoekom nie maar na die tyd het haar ouma haar skrywe gemerk.

Swart het ook vertel hoe sy namens haar ouma ’n bewonderaarsbrief geskryf het aan die rugbyspeler Ray Mordt. In die brief het sy verduidelik dat sy vreeslik baie van hom hou, maar eintlik kom die brief van haar ouma af. Toe sy dit aan haar ouma voorgelees het, het die trane geloop oor die tapisserie waarmee sy besig was. Sy onthou ook hoe sy dagboeke vol geskryf het oor hoe om ’n beter mens te word.

Bosman wou weet waar Swart tussen haar voltydse werk en haar gesin die tyd kry om boeke te skryf. “Harde joernalistiek en kreatiewe skryfwerk trou nie eintlik nie,” het Swart gesê en bygevoeg dat omdat sy lief is vir haar kinders het sy nie ’n rekenaar by die huis nie. Sy het Bloujaar Saterdae in die oggende geskryf. “Ek wil net iewers in ’n huisie gaan sit en skryf,” het sy meegedeel.

IMG_2732Bekendstelling: Die potlooddief se bruid en ander storiesBosman het opgelet dat Swart se stories altyd rondom ’n mens en ’n karakter gebou is: “Die mensgerigtheid is die ding waaroor Keina skryf.” Sy wou weet of al die stories waar is en of Swart plek-plek aangedik het. “Die mense wat my ken sal weet baie van die stories is die reine waarheid. Daar is so bietjie lieg so nou en dan,” het Swart vertel.

Swart het gesê dat sy baie ervaring opgedoen het by Media24, maar by gemeenskapskoerante het sy geleer om pa te staan vir wat sy skryf omdat sy die mense waaroor sy skryf weer op straat of in die kerk sal sien.

Swart het die aand afgesluit met ’n voorlesing van ’n storie oor haar seun genaamd “Waar ons jou gekry het”. Sy het vertel dat Boeta nie omgee of sy juffrou nie van hom hou nie, inteendeel hy dink dis haar verlies. Hy het haar ook eendag laat weet dat hy nie ’n woordmens is nie en dat hy in plaas van om te vloek eerder vir haar ’n lelike syfer sal sê.

Luister na die potgooi:


 

 
Na die gesprek het gaste aan heerlike versnaperinge gesmul en Swart het kopies van haar boek geteken. Stassen het die aand afgesluit en almal ’n veilige rit huis toe toegewens.

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:


 

 

* * * * * * * *

Facebook galery

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment