Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Pieter Mulder beskryf die gevare van Jacob Zuma se sondebok-politiek en misbruik van geskiedenisfeite

Kan Afrikaners toyi-toyi?Die Vryheidsfront Plus-leier en outeur van Kan Afrikaners toyi-toyi?, Pieter Mulder, het onlangs in ‘n rubriek vir Netwerk24 geskryf dat staatspresident Jacob Zuma se “oorvereenvoudiging van ingewikkelde sake” hom nog duur te staan sal kom.

Mulder skryf dat Zuma gebruik maak van sondebok-politiek en dat hy geskiedenisfeite misbruik vir sy eie doeleindes.

Mulder verduidelik waarom mites so gevaarlik is: “As jy dus van die wittes ontslae raak, dan is die probleme weg. Dryf die ‘kakkerlakke’ uit, dan is die probleme weg.”

Lees die artikel:

Hoekom het pres. Jacob Zuma die laaste vraesessie verlede jaar ontduik?

Vir langer as ’n uur was daar’n tegniese gestryery hieroor tydens pres. Zuma se eerste vraesessie in die parlement vanjaar.

Die president blameer die parlement wat nie datums vir die vraesessie aan hom gestuur het nie. Sover dit Nkandla betref, blameer hy die argitek en die media vir die wyse waarop hulle Nka­ndla opgeblaas het.

Dat swanger tieners na ’n eiland gestuur moet word, is blykbaar nog steeds sy standpunt in reaksie op ’n ander vraag, hoewel hy dit nie meer verkondig nie omdat vroue nie daarmee saamstem nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment