Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Chris van Niekerk lees ’n kortverhaal deur Doc Immelman uit Die groot sand en ander stories

Die groot sand en ander storiesChris van Niekerk het onlangs ’n kortverhaal deur Doc Immelman op RSG se Kortom-program voorgelees.

Die verhaal se naam is “Die vul wat treine gejaag het” en het destyds in Die Brandwag verskyn. Die kortverhaal is opnuut opgevang in die bundel Die groot sand en ander stories wat verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn het.

Die storie word vertel deur drie perde – ’n ou hings, ’n merrie en ’n vulletjie – wat te pieperig voorkom na die hings en die boer se smaak. Die vul jaag treine en spring oor pale en wanneer hy op ’n dag ’n resiesperd ontmoet is sy pa briesend, want daar is geen groter niksnut as ’n perd wat nie ’n ploeg of ’n wa kan trek nie.

Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment