Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Nicola Hanekom oor Eugène Maraisprys: “Ek maak maar net my werk en hoop dat dit aanklank vind”

Die pad bysterDeborah Steinmair het onlangs met Nicola Hanekom gesels oor haar prestasies en die stand van kunste in Suid-Afrika.

Die skrywer en dramaturg is verlede week bekroon met die Eugène Maraisprys vir Die pad byster en is ook vroeër vanjaar vereer deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees met die 2015 Afrikaans Onbeperk-prys vir Vernuwende Denke.

Hanekom gesels oor haar mentors en invloede – Reza de Wet, David Lynch en Rafael Nadal – en sê aan Steinmair: “Ek dink nie toneelstukke uit met enige bedoeling behalwe om getrou te wees aan die klein kreatiewe stemmetjie ­binne my nie, en hoop dat mense dit sal geniet.”

Lees die artikel:

Wat is die stand van die kunste in ons land? Is daar genoeg begrip vir wat sy probeer doen?

“Ek dink nie ek is so spesiaal dat ek enigiemand se begrip soseer ­verdien nie. Ek maak maar net my werk en hoop dat dit aanklank vind. As mense dit geniet of ná die tyd daaroor dink en praat, voel ek dat ek iets bereik het,” vertel sy.

Is daar genoeg geldelike steun vir vernuwende teater?

“Ek was tot dusver gelukkig, maar soos die ekonomie kwyn, ­begin al die teatermakers twyfel of die geleenthede sal bly.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment