Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Fransjohan Pretorius oor standbeeld-debat: Wie was Paul Kruger regtig?

A History of South AfricaDie onlangse Cecil John Rhodes standbeeld-sage het ‘n debat ontketen wat verreikende gevolge sal inhou vir die toekoms van Suid-Afrikaanse standbeelde. Die Paul Kruger-standbeeld is tans in die spervuur, maar weet ons regtig wie hy was en wat hy gedoen het vir Suid-Afrika?

Die geskiedkundige Fransjohan Pretorius het diep in die geskiedenis gedelf om ‘n prentjie te skets van Stephanus Johannes Paulus (Paul) Kruger vanaf sy geboorte in 1825 tot sy sterfte op 14 Julie 1904.

In ‘n artikel vir Netwerk24 bied die A History of South Africa: From Past to Present-outeur ‘n breë oorsig van Kruger se lewe en skryf ter afsluiting: “Afrikaners moet self besluit wat hy vandag vir hulle beteken, want hy haal skaars die geskiedenisskool- sillabusse van die nuwe Suid-Afrika.”

Lees die artikel:

Paul Kruger se lewe en nalatenskap strek oor meer as ’n eeu. Hy versinnebeeld die Afrikaner van die tweede helfte van die 19de eeu en sy skaduwee strek oor die geskiedenis van die Afrikaner van die Groot Trek in 1836, oor die wording van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), oor die Anglo-Boereoorlog, tot diep in die 20ste eeu.

Maar vandag ken die meeste Afrikaners net sy naam; sy dade en denke is vergete.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment