Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Kom gesels oor jeugverhale op die vooraand van Wêreldboekdag by Protea Boekwinkel Hatfield

Gesprek met jeugboekskrywers

 
BloujaarBambaduzeHoopvolProtea Boekhuis nooi jou graag na ‘n besonderse gesprek met twee bekroonde jeugboekskrywers op die vooraand van Wêreldboekdag.

Keina Swart en Derick van der Walt sal op Woensdag, 22 April gesels oor wat die skryf van jeugverhale vir hulle beteken. Swart is die outeur van Bloujaar en Van der Walt se jongste jeugboek, Bambaduze, het vanjaar by NB-Uitgweers verskyn.

Die geleentheid vind plaas by Protea Boekwinkel in Hatfield en word aangebied deur IBBY SA, The International Board on Books for Young People.

Die gesprek begin om 18:00 vir 18:30 en word gelei deur Samantha Buitendach. Eet- en drinkgoed sal voorsien word en ‘n boek van elke skrywer sal weggegee word tydens ‘n opwindende kompetisie. RSVP teen 20 April op ‘n sitplek te verseker.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Woensdag, 22 April 2015
  • Tyd: 18:00 vir 18:30
  • Plek: Protea Boekwinkel
    Burnettstraat 1067
    Hatfield
    Pretoria | Padkaart
  • Gespreksgenoot: Samantha Buitendach
  • Verversings: Eet- en drinkgoed sal voorsien word
  • RSVP: Louret, lbell@proteaboekwinkel.com, 012 362 3444

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment