Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Hulde aan Dot Serfontein op haar 90ste verjaarsdag: ’n Oorsig van ’n wye skrywerslewe

Dot Serfontein is vandag negentig jaar gelede op Kroonstad gebore. Netwerk24 se Leana Lategan het ter ere van die skrywer se verjaarsdag bestek geneem van haar omvangryke oeuvre en haar lang loopbaan as redakteur van Die Volksblad en kortverhaalskrywer vir Sarie Marais.

Water op MispahLiefde in die kwepertydVertel! Vertel!Amper my mense

 
Serfontein se liefdesverhaal, Water op Mispah, is pas weer deur Protea Boekhuis uitgegee en die heruitgawe van Liefde in die kwepertyd het verlede jaar verskyn.

Lategan deel Serfontein se woorde aan haar digter- en aktivisdogter, Antjie Krog, oor die waarde van Afrikaans as skryftaal: “Jy wou dit gebruik so goed jy kan om jouself en ander Afrikaners van armoede en ellende te red.”

Lees die artikel vir meer oor Serfontein se skrywerslewe en Krog se beskrywing van haar ma se styl:

Die belangrikste kenmerk van haar styl is die weersin in oordadigheid. ’n Soberheid bly, sy dit in ’n humoristiese of tragiese situasie.

“Van die karakters wat my ma beskrywe, het ek self geken, van die ervaringe self meegemaak, en besef daarom juis dat dit selde voorval of figuur self is wat gehelp formuleer het aan die onvergeetlike beskrywing, maar ’n ontspanne dog meesterlike greep op taal en styl. Die regte woord presies op daardie plek in ’n sin geplaas.”

Antjie, self ’n geslypte woordkunstenaar, vat in hierdie paar sinne die wesenskenmerke van haar ma se skryfwerk vas.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment