Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Wie is die Sieleslurper? Vind uit in Troula Goosen se nuwe jeugroman, Spooksoene

Spooksoene‘n Nuwe jeugroman, Spooksoene deur Troula Goosen, verskyn eersdaags by Protea Boekhuis:

Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang ’n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om ’n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie ’n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie …

Hoe oorkom jy ’n yslike puisie op jou neus, ’n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper?

Micki ontmoet vir Aldo, ’n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle ’n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie …

Oor die outeur

Troula Goosen wou sedert haar gelukkige kinderjare op Bredasdorp, die Paarl, Villiersdorp en Ceres graag kinderstories skryf. Sy het op Stellenbosch gestudeer en haar lewensmaat hier ontmoet, waarna die jong predikantspaar na die Vrystaat verhuis het. Kort ná die aankoms by hul derde gemeente op Riversdal, het sy haar as binneversierder bekwaam en dié beroep vir byna twintig jaar lank beoefen. Deesdae woon die afgetrede paartjie op die prentjiemooi Bettysbaai in hul vakansiehuis van amper dertig jaar. Dis hier waar Goosen haar ou kinderdroom kon kom afstof en waar sy ’n groot deel van haar dag in die wonderlike wêreld van verbeelding deurbring. Dis nou wanneer sy skryf én wanneer sy met haar kleinseun kabouters en seerowers langs die mooie kuslyn soek.

Haar debuut, Lakadiga – die geheim van die verlore stad (2013, Oxford University Press), word vir graad 8’s voorgeskryf.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment