Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

“Die angel lê in die woordjie soos” – Ena Jansen gesels oor haar boek oor huiswerkers, Soos familie

Soos familieEna Jansen het onlangs met Naomi Meyer gesels oor haar omvangryke boek, Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste.

Jansen vertel meer oor haar eie persoonlike verhouding met haar huiswerker, Nomahobe Cecilia Magadlela, en haar akademiese belangstelling in die Eva-Krotoa-figuur in verskeie tekste, onder meer Eilande deur Dan Sleigh.

Jansen beskryf stedelike huiswerkers as “skarnierfigure” en ondersoek hul belangrike rol as “boodskappers, as kontakfigure tussen wit en swart, tussen ryk en arm, stad en platteland”. Sy gesels oor haar navorsing vir hierdie projek, verduidelik die betekenis van die titel en subtitel, besin oor die skewe magsverhoudings tussen wit en swart in Suid-Afrika en deel meer oor die huiswerker-figure wat sy in verskeie boeke ontdek het.

“Aanvanklik het ek gedink dat daar ’n groot stilte rondom bediendekarakters is, maar in stadsboek na stadsboek het ek ontsettend boeiende karakters teëgekom,” sê Jansen.

Lees die artikel:

Dag vir dag word die toepaslikheid van Soos familie as titel dus vir my deur sulke treffende gevalle van “serendipity” bevestig. En soos jy sê: familie is inderdaad ’n komplekse aangeleentheid. Dit veronderstel ’n intieme verbintenis, maar dit kan ook ’n slagveld van emosies wees, van afstandelikheid en wantroue. Wat huiswerkers betref: die angel lê in die woordjie soos. Uiteindelik kan hulle uit jou lewe verdwyn op ’n manier wat regte familie nie maklik sou nie. Daar is meestal ’n skrynende kloof tussen die maklike manier waarop wit mense ’n bediende toe-eien as sogenaamde “familie” en die enorme verskil in hulle leefwêrelde. In een van die RSG-sms’e het ’n 78-jarige vrou byvoorbeeld met groot deernis vertel sy en haar huishulp is ewe oud en dat hulle alles saam doen en dat sy nie weet wie die meeste gehuil het toe sy en haar man ouetehuis toe trek en die diensverband beëindig is nie. Sy eindig die sms dan met die sin: “Gelukkig gaan sy nou vir my dogter werk en sal ek haar gereeld sien.” Kan jy nou meer! Sou sy dit normaal gevind het dat ’n 78-jarige wit familielid met ’n nuwe werk begin?

Achille Mbembe het onlangs tydens ’n belangrike lesing wat hy sowel by Wiser as UK en US gehou het, “Decolonizing knowledge and the question of the archive”, gepraat van die negatiewe moment in die land en dit so verduidelik:

A negative moment is a moment when new antagonisms emerge while old ones remain unresolved. It is a moment when contradictory forces – inchoate, fractured, fragmented – are at work but what might come out of their interaction is anything but certain. It is also a moment when multiple old and recent unresolved crises seem to be on the path towards a collision.

 
Jansen het Dinsdagaand, 12 Mei Soos Familie by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel, waar sy met Antjie Krog en Sindiwe Magona gesels het oor hul betrokkenheid by die projek. Izak de Vries het foto’s van die geleentheid geneem en op sy LitNet-blog geplaas.

Loer na die kiekies:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment