Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Skrywers, medewerkers en vriende van Protea Boekhuis vier nóg ’n suksesvolle jaar

Naomi Bruwer, Izak de Vries and Karina M Szczurek

 
Die jaarlikse Protea Boekhuis-skrywersfunksie het gisteraand by Delvera Wynlandgoed buite Stellenbosch plaasgevind. Skrywers, medewerkers, personeel en vriende van die uitgewershuis het heerlik saam gekuier om die soet vrugte van die afgelope jaar te vier.

Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekhuis en outeur van onder meer Die Dorslandtrek: 1874 – 1881, het verslag gelewer oor die suksesse van die laaste twaalf maande en beaam dat hierdie uitgewery beslis saam met die groot honde kan blaf.

Nicol Stassen

 
Protea Boekhuis is die enigste groterige Afrikaanse uitgewer wat nie aan ‘n mediagroep of groot organisasie behoort nie. Dit beteken egter nie dat ons nie met die grootkoppe meeding nie, het Stassen gemaan. So lyk Protea se posisie op die ranglys vir verskeie genres:

  • Alle genres: 16
  • Volwasse fiksie: 11
  • Volwasse nie-fiksie: 16
  • Kinderboeke – alle genres: 7

 
In die laaste jaar het 80 boeke by Protea Boekhuis verskyn. Die uiteensetting van dié boeke lyk só:

  • 7 Digbundels
  • 2 Dramas
  • 13 Prosa
  • 5 Geskiendenis
  • 48 Kinder en jeug
  • 6 Ander / Nie-fiksie

 
Van hierdie titels is ‘n allemuntige 50 publikasies vertalings uit Engels (24), Nederlands (13), Duits (5), Frans (3) en een ander taal. Daar het ook 4 vertalings uit Afrikaans na Engels verskyn. Hierdie syfers bevestig dat Protea Boekhuis spreek tot die internasionale mark en ‘n vinger op die internasionale boekwêreld hou.

Protea Boekhuis kon in die laaste jaar met verskeie skrywersprestasies spog, waaronder:

Portrait of a Slave SocietyHere en boereSprakeloosHoe om Drakonees te praatDie pad bysterPotent PastimesInvisible Others

 

  • Albert Grundlingh se Stalsprys vir geskiedenis

Loer na foto’s van die spoggeleentheid:

Protea Boekhuis het nóg 'n suksesvolle jaar gevier met 'n feesmaal by Delvera Wynlandgoed. Skrywers, medewerkers en kollegas het saam 'n glasie geklink op Protea.

Posted by Protea Boekhuis on Thursday, 4 June 2015

 

 
Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet:

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment