Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

“’n Storie oor twee mense wat op hul oudag weer leer speel” – Willem Anker gesels oor Samsa-masjien

Samsa-masjienWillem Anker – wenner van die WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie en die 2015 UJ-Prys vir sy grensroman Buys – het onlangs met Naomi Meyer gesels oor die publikasie van sy bekroonde toneelstuk, Samsa-masjien.

Op Meyer se vraag oor hoe die boek gelees kan word, sê Anker: “Ek hoop dat die publikasie op drie maniere sal werk: eerstens, dat dit gelees word, tweedens, dat dit beskikbaar sal wees vir volgende produksies, maar derdens ook definitief om te dien as ’n tipe argief van hierdie spesifieke produksie. Dit is hoekom ons die CD en die foto’s ingesluit het.”

Anker vertel hoe hy en die redakteur, Danél Hanekom, aan die bekroonde dramateks geskaaf het om dit uiteindelik in boekvorm uit te gee. Hy gesels ook oor die inspirasie vir die verhaal en sy lees van Kafka as wegspringplek.

Lees die artikel:

Gedeeltes van die teks is nie teks nie. Hoe nou gemaak, in ’n boek?

Ons het die musiek van Pierre-Henri ingesluit op ’n CD wat agterin die boek lê en wag om kliphard geluister te word, asook ’n hele paar foto’s uit die produksie, sodat die lesers ’n idee kan kry van die stel en die aksie op die verhoog.

Die mens is chaos. Die mens is ’n insek. Die insek is die mees intelligente wese wat bestaan, en oorleef tyd. Wat kan jy nog teenoor potensiële lesers verklap?

Hopelik word dit ook gelees as bloot ’n storie oor twee mense wat op hul oudag weer leer speel.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment