Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Nicol Stassen gesels oor Die Dorslandtrek en sy belangstelling in die Angola-boere

Die DorslandtrekThe Thirstland TrekIlse Salzwedel het onlangs met Nicol Stassen gesels oor sy aangrypende nuwe boek, Die Dorslandtrek: 1874 – 1881, wat ook in Engels beskikbaar is as The Thirstland Trek: 1874 – 1881.

Die Protea Boekhuis-direkteur vertel eers hoekom hy destyds chemiese ingenieurswese verruil het vir ‘n tweedehandse boekwinkel: “Ek dink die ideale werk as jy in baie dinge belang stel is om in ‘n boekwinkel te werk, want daar is definitief nooit ‘n geleentheid om verveeld te raak as jy met boeke betrokke is nie.”

Stassen gesels oor sy belangstelling in die onderwerp van die Dorslandtrekkers en die Angola-boere. Hy vertel ook meer oor sy navorsing van ses jaar oor die klein groepie Afrikaners wat na 1928 in Angola agtergebly het en met die burgeroorlog van 1975 vir hul lewens moes vlug. “Dit was vir my besonder interessant om oor hulle navorsing te doen,” sê hy oor die eerste boek oor die onderwerp, Afrikaners in Angola 1928-1975.

Luister na die potgooi:

 
Lees ook:

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment