Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Wie en wat was die Dorslandtrekkers? Uittreksel en verslag oor die Bloemfonteinse bekendstelling

Die DorslandtrekThe Thirstland TrekProtea Boekhuis direkteur Nicol Stassen se jongste boek, Die Dorslandtrek: 1874 – 1881 het vanjaar in beide Afrikaans en Engels (The Thirstland Trek: 1874 – 1881) verskyn. Madré Marais het verslag gelewer oor die bekendstelling van die boek wat in Meimaand in Bloemfontein plaasgevind het.

Stassen het vertel hoe hy sy navorsing aangepak het en waarom dit hom 11 jaar lank geneem het om die boek te skryf. Hy het ook interessante feite oor die trek gedeel.

Lees die artikel:

’n Interessante feit oor die trek is dat nie ’n enkele trekker aan dors dood is nie. Siekte, onder meer malaria en masels, het baie se lewe geëis. Stassen meen dat hulle weens ontbering ook vatbaar vir meer algemene siektes kon wees. Heelwat is ook dood nadat hulle giftige veldvrugte geëet het.

Ongeveer 700 trekkers het die tog aangepak, maar slegs ongeveer 370 mense het dit eindelik oorleef en hulle in Humpata in Angola gevestig.

Die Dorslandtrek begin met ‘n aanhaling deur Dr Emil Holub, die outeur van Seven Years in South Africa:

“Such was the end of the undertaking originated by a party of head-strong men, who, in ignorant opposition to reform, and from the motives of political ill-feeling, rushed with open eyes to the destruction that awaited them.”

Vir meer insigte tot die Dorslandtrekkers se materiële en geestelike kultuur, lees ‘n uittreksel uit hoofstuk vier getiteld: “Die leefwêreld van die Dorslandtrekkers”:
 

* * * * * * * *

 

HOOFSTUK 4
Die leefwêreld van die Dorslandtrekkers

 
     Wie en wat was die Dorslandtrekkers? Hoe was die daaglikse omstandighede tydens die trek? Lawrence Green se stelling “as a whole the trekkers formed a cameo of Transvaal life and custom of last century [neëntiende eeu]” gee waarskynlik ’n goeie antwoord op hierdie vrae. Die Dorslandtrekkers se materiële kultuur en hul geestelike kultuur is twee faktore wat hul daaglikse lewe tydens die trek beïnvloed het. Verder is hul materiële en geestelike kultuur weer beïnvloed deur hul herkoms. Omdat die Dorslandtrekkers Transvaalse burgers was voor hulle getrek het, is dit te verwagte dat hulle materiële kultuur wat betref meubels, huisraad, eetgerei, kombuistoerusting, ossewaens, vee, gereedskap, implemente, jagtoerusting en voedsel nie veel verskil van dié van hulle medeburgers in Transvaal nie. Dit blyk dat daar klein verskille was ten opsigte van hul kleredrag. Die trekkers se daaglikse omstandighede het ook groot ooreenkomste getoon met dié van die Groot Trek.

     In terme van die trekkers se geestelike kultuur was daar egter groter verskille tussen die trekkers en hul Transvaalse medeburgers. Faktore wat hier ’n rol speel, is die Gereformeerde Kerk, die invloed van die Jerusalemgangers en die trekkers se opvoedingspeil.

Verarming tydens die trek

 
     Die boedelinventarisse van die mense wat tydens die trek gesterf het, gee ’n goeie aanduiding van die trekkers se ekonomiese omstandighede. Die grootste boedel was dié van Jan Harm Christiaan du Plessis en Maria Magdalena du Plessis (1876, aan die begin van die trek) (Tabel 1). Die totale waarde van die boedel het £813.5.6 bedra. Tóg skep die boedelinventaris geensins die indruk dat die egpaar welgesteld was nie. Om die waarheid te sê, dit skep die indruk dat die trekkers wat tydens die trek gesterf het, redelik min aan aardse goedere besit het.

     Die kleinste boedel was dié van Johannes Albertus Opperman en Cornelia Catharina Jacoba van der Schyff (1877) (Tabel 2). Die totale waarde van die boedel het £9.16 bedra, dit wil sê ’n bietjie meer as 1% van die vorige boedel.

     Die drastiese verarming wat tydens die Dorslandtrek ingetree het, kan miskien die beste geïllustreer word deur die gemiddelde waarde van die boedels van persone wat tydens die trek gesterf het (Tabel 3). In sewe jaar het dit afgeneem van £477 in 1876 tot £24 in 1883, dit wil sê tot slegs 5% van die gemiddelde waarde van die boedels sewe jaar tevore.

     Dit lyk inderdaad of die Dorslandtrekkers nogal behoeftig was en tydens die trek nog verder verarm het. Aangesien hierdie boedels dikwels onder groot gesinne verdeel is, het die individuele erfgename gewoonlik nie baie geërf nie.

Materiële kultuur

 
     Die boedelinventarisse van die mense wat tydens die trek gesterf het, gee ’n goeie aanduiding van die materiële kultuur van die Dorslandtrekkers. Dit is egter belangrik om te onthou dat die meeste trekkers se individuele boedels maar baie karig was en nie naastenby die verskeidenheid van besittings weerspieël wat die trekkers as ’n geheel gehad het nie.

     Die daaglikse gebruiksvoorwerpe van die Dorslandtrekkers stem grootliks ooreen met dié van die Voortrekkers tydens die Groot Trek. ’n Mens kan die volgende boeke dus met groot vrug gebruik om meer daarvan uit te vind: Kultuurskatte uit die Voortrekkertydperk (G.H. van Rooyen), Op trek (redakteur Celestine Pretorius) en Voortrekkerlewe (Rhe Carstens met die medewerking van Pieter W. Grobbelaar). Omdat ’n beskrywing van die materiële kultuur van die Dorslandtrekkers grootliks met die beskrywings in hierdie boeke sal ooreenstem en moontlik erg herhalend sal wees, word hier slegs volstaan met die materiële kultuur van die Dorslandtrekkers soos dit tydens die trek self opgeteken is.

 

* * * * * * * *

 
Lees ook:

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment