Wie was Doc Immelman en wat het sy stories vir Namibië beteken? Oud-uitgewer Danie Botha vertel
Oud-uitgewer Danie Botha het verlede maand ’n brief aan DEKAT Boekeblad gestuur waarin hy ‘n oorsig gebied het van Doc Immelman se lewe en sy stories.
In die brief skryf Botha: “Ek vertel graag van ’n aangename leeservaring. Dis van wyle Doc Immelman se dertien kortverhale in Die groot sand en ander stories, in 2014 gepubliseer deur Protea Boekhuis.”
Botha vertel ook van ‘n reistog na Namibië wat hy in 1983 as boekeredakteur aangepak het. Hy het Immelman daar in ’n “somber kantoor in die Windhoekse poskantoor aangetref”.
Lees die brief wat DEKAT Boekeblad op hul Facebook-bladsy gedeel het:
In Die groot sand en ander stories is dit dadelik opvallend hoe Immelman die landstreek en sy mense deeglik ken en stemmingsvol kan beskrywe. Hy haal Duitse en Ovambo-woorde aan. Of dui aan wat deel is van die Ovambo- of Herero-kultuur. In “Die eretoordokter” kry ons bv. die seremoniële Ovambo-groet: “Jy bly nog goed op hierdie plek, Ouma?”
“Die groot sand” is ’n spannende oorlewingsverhaal van ’n tweemanskap wat diamante onwettig gaan soek in die Sperr-gebied. Dis ’n “wrede, gevoellose wêreld van sand en son en dors. Baie het al die Sperr ingegaan. ’n Paar van hulle het uitgekom. Party skatryk; ander gebroke en waansinnig.” Dit word ’n spanningsverhaal deur die bedreiging van die natuur, maar ook deur wraak- en moordgedagtes by een van die stappers. Hy weet daar’s net genoeg water in die waterkantien vir één oor. Die verhaal het ‘n sterk dramatiese slot
Boekbesonderhede
- Die groot sand en ander stories deur Doc Immelman
EAN: 9781485300946
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Baarde, briewe en barmhartigheid deur Doc Immelman
EAN: 9781485300113
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- ‘n Kwartmiljoen Mauserpatrone deur Doc Immelman
Boek se tuisblad
EAN: 9781869198367
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die wrede somer deur Doc Immelman
EAN: 9781869197308
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vyf Waens na San Pedro deur Doc Immelman
EAN: 9781869192334
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment