Hoe het Heilna du Plooy Maureen Quin se beeldhouwerk in haar digkuns ontgin?
Marlies Taljard het vroeër vanjaar ‘n artikel geskryf oor Heilna du Plooy se gedigreeks, “Die Jag”, wat verskyn in haar digbundel, Die stilte opgeskort.
In die artikel, geplaas op Versindaba, bespreek Taljard die narratiewe verhouding tussen Du Plooy se verse en die beeldhoukuns van Maureen Quin. Taljard verduidelik hoe Du Plooy die 12 bronsbeelde in Quin se reeks, genaamd “The Hunt”, in haar bundel gebruik.
Taljard ontleed ook drie verse aan die hand van Aristoteles se definisie van die tragedie.
Lees die artikel:
Hoewel du Plooy in haar gedigreeks, waar die beelde telkens saam met die gedigte afgedruk is, dieselfde volgorde gebruik waarin die Quin-werke uitgestal en afgedruk word (sy laat Chase II uit), benoem sy haar gedigte anders, en inkorporeer sy soms meer as een beeldhouwerk in dieselfde gedig. Haar titels lui: Die Man (n.a.v. Bushman) – Die jagter (n.a.v. Hunter) – Jag (n.a.v. Chase I) – Die prooi (n.a.v. The hunted) – Naweë (n.a.v. The kill en Pietà) – Anagnorisis (n.a.v. Grief, Remorse, Devastation en Supplication) – Pathos (n.a.v. The ultimate sacrifice).
Die titels Anagnorisis en Pathos het betrekking op die plot of die intrige van die tragedie soos Aristoteles (384-322 v.C.) dit in sy Poetika beskryf. In die tragedie word die val van die held uitgebeeld, dikwels deurdat hy ʼn oordeelsfout begaan of weens ʼn inherente menslike swakheid.
Boekbesonderhede
- Die stilte opgeskort deur Heilna du Plooy
EAN: 9781485301301
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment