“Wie se Afrikaans?”: Kom vier Taaldag met Ena Jansen, Hemelbesem, Karien Brits en Nico Koopman
Kom vier Taaldag op 14 Augustus 2015 met ‘n paneelbespreking genaamd, “Ommietafel: Wie se Afrikaans?”.
Die geleentheid word aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum in samewerking met die Vriende van Afrikaans en vind plaas in die Historium Konferensiesentrum. Die gesprek word gelei deur Johan van Lill en begin om 18:30.
Kom luister na Ena Jansen, skrywer van Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, in gesprek met Hemelbesem, Karien Brits en Nico Koopman oor hul ervarings rondom die tema “Wie se Afrikaans?”
Kaartjies kos onderskeidelik R21, R40 en R90 en is by Computicket beskikbaar. Sop en wyn is ingesluit.
Volg die Taalmonument (en Taalmuseum) op Facebook vir meer besonderhede.
Moet dit nie misloop nie!
Besonderhede
- Datum: Vrydag, 14 Augustus 2015
- Tyd: 18:30
- Plek: Historium Konferensiesentrum
Afrikaanse Taalmuseum
Pastorielaan 11
Paarl | Padkaart - Sprekers: Johan van Lill, in gesprek met Ena Jansen, Hemelbesem, Karien Brits en Nico Koopman
- Verversings: Sop en wyn
- Koste: R21/R40/R90
- Bespreek kaartjies op Computicket
- RSVP: Amira Clayton, 021 863 0543/2
Boekbesonderhede
- Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste deur Ena Jansen
Boek se tuisblad
EAN: 9781869199531
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment