Asterix en die Noormanne en Asterix en die Speelplek van die Gode – nou in Afrikaans!
Twee nuwe Afrikaanse vertalings van die immergewilde Asterix en Obelix-boeke verskyn eersdaags op Protea se rakke:
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by ’n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat ’n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.
Asterix en die Noormanne is die negende boek in die gewilde Asterix-reeks.
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in ’n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die Speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliërs hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Asterix en die Speelplek van die Gode is die 17de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die vertaler
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Boekbesonderhede
- Asterix en die Noormanne deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
Boek se tuisblad
EAN: 9781485300823
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix en die Speelplek van die Gode deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
Boek se tuisblad
EAN: 9781485301875
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment