Andries Bezuidenhout oor die Cosatu-kongres: S’dumo Dlamini het die vloer baie slim hanteer (Video)
Andries Bezuidenhout is ‘n kunstenaar, rocksanger, digter en professor in sosiologie aan die Universiteit van Pretoria. So wie kan beter kommentaar lewer op die land se politieke kwessies as hy? Waldimar Pelser het die Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle-outeur genooi om op Insig te gesels oor die “twis op die fabrieksvloer” onder vakbonde binne die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbond Unies (Cosatu).
In die video gesels Bezuidenhout oor die implikasies van Cosatu se spesiale kongres wat verlede week in Midrand plaasgevind het. Hy sê dat Cosatu president S’dumo Dlamini die vergadering baie slim hanteer het, veral in sy opmerking dat Cosatu nie betrokke moet raak by die politiek in die ANC nie.
Bezuidenhout vertel dat die belangrikste ding wat by die kongres gebeur het, is dat mense openlik kon stem: “Mense het met die hande gestem, met ander woorde die werksvloerverteenwoordigers kon nie iets stem wat die leierskap nie wou hê hulle moes stem nie.”
Kan Cosatu teruggewen word deur Zwelinzima Vavi? Bezuidenhout sê dit sal afhang van verskeie faktore, onder andere wat gebeur in die National Union of Mineworkers (NUM).
Kyk na die video:

- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle deur Andries Bezuidenhout
EAN: 9781485300724
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment