Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Ena Jansen, Antjie Krog en Sindiwe Magona stel Soos Familie bekend by The Book Lounge

Soos familieEna Jansen het vroeër vanjaar haar boek, Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Antjie Krog en Sindiwe Magona, twee grootse figure in die Suid-Afrikaanse letterkunde, het met Jansen gesels oor dié merkwaardige boek.

Soos familie is ’n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ’n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit ’n groot deel van die twintigste eeu en daarná. Jansen het ter inleiding genoem dat daar ‘n groot verskil is tussen huiswerkers wat op die platteland gewerk het en stedelike huishoudsters.

Magona het haar lewensverhaal met die gehoor gedeel. Sy was ‘n opgeleide onderwyseres, maar nadat sy swanger geraak het, moes sy uit die onderwys tree en kon sy slegs werk as ‘n bediende vind.

Krog het ‘n vers voorgelees uit haar bundel, Mede-wete, oor die verhouding tussen die huiswerkster en die “madam”.

The Book Lounge het ‘n klankopname van die gesprek op hul webtuiste gedeel. Luister na die potgooi:

 
Helené Prinsloo (@helenayp) en Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet:


 


 

* * * * * * * *

 

Jansen sal op Taaldag, 14 Augustus 2015, by die Afrikaanse Taalmuseum aan ‘n gesprek deelneem genaamd, “Ommietafel: Wie se Afrikaans?

Verwante skakels:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment