Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

“Dot Serfontein kán stories vertel!” – Marlies Taljard oor die kortverhaalbundel, Vertel! Vertel!

Vertel! Vertel!Die heruitgawe van Dot Serfontein se kortverhaalbundel, Vertel! Vertel!, het in 2013 by Protea Boekhuis verskyn. Dié versameling stories gaan oor alles van die liefde tot siekte, delwery en dagga.

Marlies Taljard skryf in jongste uitgawe van Literator dat Vertel! Vertel! beslis aanklank sal vind “by lesers wat agter ‘n goeie storie aanlees, want dit moet gesê word: Dot Serfontein kán stories vertel!”

Taljard vertel verder ook meer oor Serfontein se vertelstyl, vertellings wat aansluit by die orale tradisie en karakters wat worstel met hul middelklasbestaan.

Lees die artikel:

Soos altyd is Dot Serfontein herkenbaar aan die vertelstyl van ‘n gesoute joernalis wat in kleurryke taal aan die woord is. Haar taalgebruik is robuust en pittig, dog met die vermoë om te ontroer en selfs om epifaniese oomblikke uit te beeld, soos wanneer die verteller in die verhaal ‘Jood’ vertel hoe hy op gevorderde ouderdom die eerste keer ware liefde leer ken het:

Besef jy, mens, dat daar iets soos ‘n vuur deur my trek, iets van die braambos op die berg, iets van die bloedlaat van offerdiere, iets van die geblêr van ‘n ramshoring. Of, wie weet, die oer-influisteringe van afgode, die swartmag van Astarte onder die groen bome. (bl. 190)

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment