Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Padda leer dat dit beter is om net homself te wees in Max Velthuijs se prenteboek, Padda is Padda

Padda is PaddaPadda is Padda deur Max Velthuijs is nou by Protea Boekhuis beskikbaar:

Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie ʼn talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!

Padda is Padda is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook ʼn lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as ʼn ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

Oor die outeur en illustreerder

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment