Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

’n Hoë boom het geval – Heilna du Plooy sê vaarwel aan TT Cloete

Die stilte opgeskortIn a Burning Sea“Vir ander was hy ’n begaafde mens, ’n ware intellektueel, maar hy het homself in die eerste en laaste instansie as ’n buitengewoon geseënde mens beskou.”

Só skryf Heilna du Plooy in haar huldeblyk aan die ontslape TT Cloete, wat verlede maand op Potchefstroom aan natuurlike oorsake oorlede is.

“Dit is dan ook vir die kwaliteit, die styl en die aard van sy werk en lewe wat TT Cloete onthou sal word,” skryf die digter, akademikus en outeur van Die stilte opgeskort.

Cloete het verlede jaar die bekendstelling van In a Burning Sea: Contemporary Afrikaans poetry in translation bygewoon. Hy het sy verse, opgevang in die bundel deur samesteller Marlise Joubert, by die geleentheid voorgelees.

Lees die artikel:

Met die afsterwe van prof TT Cloete op Woensdag 29 Julie 2015 het daar ’n hoë boom geval, vir sy familie, sy vriende, vir die Universiteit en vir die dorp Potchefstroom, vir die literêre wêreld in Suid-Afrika en vir Afrikaans.

TT Cloete was onteenseglik ’n merkwaardige figuur, ’n veelsydige mens. Hy was vir dertig jaar lank professor in Afrikaans en Nederlands en Algemene Taal- en Literatuurwetenskap aan die PU vir CHO, en sy wetenskaplike ingesteldheid het hy regdeur sy lewe behou.

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment