Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

“Ek is ’n baie goeie afluisteraar” – Keina Swart deel wenke oor die kuns van rubriekskryf (Potgooi)

Die potlooddief se bruid en ander storiesIlse Salzwedel het onlangs met Keina Swart gesels oor die kuns van rubriekskryf op RSG se Skrywers en Boeke-program.

“Dit is een van die mooiste bundels rubrieke wat ek al ooit in Afrikaans gelees het,” sê Salzwedel ter inleiding oor Die potlooddief se bruid en ander stories, wat vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het.

Salzwedel pols Swart oor waar haar fyn waarnemingsvermoë vandaan kom. “Ek is ‘n baie goeie afluisteraar,” sê Swart en vertel dat sy al sedert haar kinderdae vreeslik skaam is en só geleer het om mense dop te hou en haar eie stories op te maak.

Een van Swart se wenke aan aspirantskrywers is om “jou eie unieke stempel af te druk sonder om ekkerig te word”.

Die gesprek begin om 06:10. Luister na die potgooi vir nog raad en vind uit wie Swart se gunsteling rubriekskrywers is:

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment