Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Vat 5 met Johan Badenhorst oor Voetspore: “In Afrika kom jy altyd reg”

 
Voetspore op die ewenaarDie lewe is ‘n avontuur – daarvan kan Johan Badenhorst getuig.

Sy agtste reisjoernaal, Voetspore op die ewenaar: ‘n Reis van Lamu tot Muanda, het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn, en skaars was die ink droog toe vertrek die Voetspore-span weer na hul volgende opwindende bestemming.

Lees Books LIVE se onderhoud met die ervare avonturier:

 

* * * * * * * *

 

Vat 5 met Johan Badenhorst
 
5 interessante dinge wat jy op jou reise ontdek het

In Afrika kom jy altyd reg.

In Afrika voel jy soos ’n ontdekkingsreisiger.

Jy kan soveel, luister, vra, op TV kyk … daar is niks soos die ware Jakob nie. Gaan beleef dit self.

Geduld is ’n essensiële element van ’n Afrikareis. Tog kom daar tye om ferm te wees.

Hoe deegliker jy beplan, hoe makliker is dit om aanpasbaar te wees.
 
4 goed wat jy die meeste mis as jy op die pad is

My gesin

My vriende

My koerant, vroeg in die oggend

Rugby op Saterdae
 
3 wenke vir mense wat in jou Voetspore wil volg

Moet nie uitstel nie, doen dit nou.

As jy wag tot jy genoeg geld het, sal jy dit nooit doen nie.

Moenie bang wees nie, dit is baie makliker as wat jy dink, en baie meer bevredigend as waarop jy hoop.
 
2 items wat jy altyd op jou het

’n Goeie kaart of GPS

’n Klompie dollars of Euro, weggesteek iewers in my voertuig, net vir ’n noodgeval
 
1 groot les wat jy op die harde manier moes leer

Moet geen amptenaar by ’n ambassade vertrou wat sê jy kan ’n visum op die grens kry nie. Sorg dat jy alles het voor jou vertrek, en gaan die geldigheidsdatums sorgvuldig na.

 

* * * * * * * *

 
Kom ontmoet Badenhorst vanjaar by Pretoria se eerste Boekejol en Filmrolfees wat vanaf 26 tot 29 Augustus sal geskied. Volg die Voetspore-span op Facebook vir nog nuus, foto’s en video’s.
 
Boekbesonderhede

 
Foto van Johan en Alma Badenhorst met dank aan Voetspore se Facebook-blad

 

Please register or log in to comment