Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Wie was Kas van den Bergh? Das Steyn vertel meer oor die storieverteller en “Boere-liberalis” (Potgooi)

Elke mossie wat valMan uit die vreemdeDas Steyn het onlangs met Ilse Salzwedel gesels oor sy betrokkenheid by die bewaring van Kas van den Bergh se oeuvre, wat ‘n ereplek verkry het in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.

Steyn is al vanaf 1964 Van den Bergh se grootste aanhanger. As standerd 8-leerling (graad 10) het hy pligsgetrou die skrywer se kortverhale en rubrieke uitgeknip en bewaar. Hy sê hy het toe al gedink, “Kas skryf interessante goed, ek moet hulle bêre.”

So wie was Kas van den Bergh? Steyn vertel dat dié “Boere-liberalis” na homself verwys het as ‘n storieverteller, nie ‘n letterkundige nie. “Hy het goed geskryf vir mense wat graag wil lees en hy’t geskryf om geld te maak.”

Twee van Van den Bergh se romans, Elke mossie wat val en Man uit die vreemde, het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Steyn vertel hoe hy na die skrywer se dood in 1997 kontak gemaak het met sy dogter by wie hy ongepubliseerde handgeskrewe manuskripte gevind het. Een van hierdie manuskripte is onlangs gepubliseer as Vryheid vaarwel en is beskikbaar op aanvraag van Prisca Uitgewers.

Die gesprek begin om 28:10. Luister na die potgooi:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment