’n Nuwe Asterix-avontuur verskyn eersdaags gelyktydig in Frans én Afrikaans
Die nuutste boek in die immergewilde Asterix-reeks word op 22 Oktober vanjaar wêreldwyd uitgereik – en Protea Boekhuis beoog om die Afrikaanse vertaling op dieselfde dag vry te stel.
Sonya van Schalkwyk-Barrois is tans besig om Le papyrus de César na Afrikaans te vertaal as Asterix en die verlore papirusrol en het aan Netwerk24 vertel dat die teks vir die nuwe boek geskryf is deur Jean-Yves Ferri, met illustrasies deur Didier Conrad.
Lees die artikel:
Asterix en die verlore papirusrol is die 36ste boek in hierdie reeks van internasionaal geliefde strokiesprente.
Nicol Stassen, die besturende direkteur van Protea, die uitgewer van die meeste van Asterix se avonture in Afrikaans, het die volgende oor die komende boek bekend gemaak: “Anders as in vele ander boeke, bly Asterix en Obelix dié keer in Gallië. Watter slinkse planne voer Caesar in die mou om Gallië by sy planne in te palm? Of is hy doenig met iets heeltemal anders? Ons sal moet wag en sien. Maar een ding is seker: daar sal baie vuisslanery wees, en nuwe opwindende karakters – goeies, slegtes, nie-so-slimmes en verstrooides.
Boekbesonderhede
- Asterix en die Speelplek van die Gode deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
Boek se tuisblad
EAN: 9781485301875
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix en die Noormanne deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
Boek se tuisblad
EAN: 9781485300823
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix in Britannië deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
EAN: 9781485300816
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix en die groot geveg deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
EAN: 9781485300809
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix by die Pikte deur Jean-Yves Ferri, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Didier Conrad
EAN: 9781485300229
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix die gladiator deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
EAN: 9781869197988
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix en die Gote deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
EAN: 9781869197971
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Asterix en die goue sekel deur René Goscinny, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Albert Uderzo
EAN: 9781869197964
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment