Spesiaal vir kreatiewe dogtertjies: Twee nuwe boeke in Protea se plakpoppies-reeks
Nuut by Protea Boekhuis – Boeke vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel. Jong dogtertjies kan op ʼn pret en leersame wyse met mode kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly Dressing”-reeks van die Britse uitgewershuis Usborne:
Die manlike en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer as 200 plakkers te gebruik. Temas sluit in die Antieke Egipte, Antieke Rome, Antieke Sjina, Engeland in die Middeleeue, Spanje in die 1500’s, die Victoriaanse tye en die minirokkies van die 1960’s. Dit is die tweede boek in die reeks wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ʼn Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Kinders word aangemoedig om self uitrustings te ontwerp met meer as 300 plakkers, insluitend 100 plakkers wat hulle self kan inkleur. Wenke vir kleurkombinasies en patrone help om uitrustings vir ʼn hele trouversameling te ontwerp. Dit is die derde boek in die reeks wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ʼn Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Oor die outeurs
Fiona Watt het in 1980 by Usborne uitgewers aangesluit. Sy het in 2003 ʼn redaksionele direkteur geword, hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om baba, kuns en aktiwiteitsboeke te skryf. Sy het al meer as 100 titels vir Usborne geskep en was in 2008 op die kortlys van die Galaxy toekennings se kinderboek van die jaar.
Lucy Bowman is ʼn erkende kinderboekskrywer van veral plakker- en aktiwiteitsboeke vir kinders. Louie Stowell is ʼn gepubliseerde skrywer, samesteller en kinderboekredakteur.
Oor die ontwerper
Stella Baggott is ʼn Britse kinderboekillustreerder en keramiekkunstenaar gebaseer in Londen. Sy het die meeste van die boeke in die “Sticker Dolly Dressing” reeks ontwerp.
Boekbesonderhede
- Protea se plakpoppies: Modeontwerper trouversameling deur Fiona Watt, vertaal deur Rentia Bartlett-Möhl, ontwerp deur Stella Baggott
Boek se tuisblad
EAN: 9781485304180
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Protea se plakpoppies: Modes van lank gelede deur Lucy Bowman en Louie Stowell, vertaal deur Rentia Bartlett-Möhl, ontwerp deur Stella Baggott
Boek se tuisblad
EAN: 9781485304173
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment