Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Kom kuier saam by die bekendstelling van Die Woordenaar van Tah deur Johann van Zyl in Hatfield

Bekendstelling van die Woordenaar van Tah

 
Die Woordenaar van TahProtea Boekhuis nooi jou graag na die bekendstelling van Die Woordenaar van Tah deur Johann van Zyl, met illustrasies deur Ben McAllen:

Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat vir ete is? Sy’s darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat … en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwêreld Tah te reis.

Van Zyl sal op Donderdag, 15 Oktober by die Hatfield Protea Boekwinkel gesels oor hierdie pragpublikasie, sy eerste kinderboek. Die geleentheid begin om 18:30 vir 19:00 en kinders is welkom om saam te kom. Verversings sal bedien word.

Sien jou daar!

Besonderhede

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment