Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Kom luister na Arnon Grunberg in gesprek met Lina Spies by Protea Boekwinkel Stellenbosch

Uitnodiging na 'n boekgesprek met die Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg

 
TirzaProtea Boekhuis en SASNEV – Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere – nooi jou graag na ‘n boekgesprek met die bekroonde Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg.

Lina Spies, wat verantwoordelik was vir die vertaling van Grunberg se bekroonde roman Tirza, sal die gesprek lei op Donderdag, 22 Oktober by Protea Boekwinkel Stellenbosch. Die geleentheid begin om 18:30. RSVP teen Dinsdag, 20 Oktober.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 
Vir meer besonderhede oor Tirza, lees Spies se LitNet-opstel oor die temas en gebeurtenisse in die roman:

Arnon Grunberg se roman Tirza is in drie afdelings verdeel: 1. “Die huur”; 2. “Die offer”; 3. “Die woestyn”. Dié titels slaan op die sentrale gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word.

Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die lewe soos wat dit vergestalting vind deur wat met bepaalde mense in ’n sekere tyd op ’n sekere plek gebeur. Aan die grond van die verhaal lê ’n aaneen­skakeling van ’n reeks geselekteerde gebeurtenisse. Tussen die aanvang en die slot van die verhaal weerspieël dié gebeurtenisse ’n kontinue samehang (Lämmert 1968:26). Die verteller het ’n oorsigtelike blik op die gebeure. Hy weet waartoe die gebeure lei en wat aan die slot gebeur en met antisipasies (vooruitskouings) en retroversies (terugskouings) bewerkstellig hy die skakeling van gebeure met mekaar tot ’n sinvolle geheel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment