Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

In Memoriam: Huldeblyke aan Voorbladnooi Nelle Dreyer (1950 – 2015)

VoorbladnooiNelle Dreyer, wie se outobiografie Voorbladnooi: Van Pleinstraat tot Parys in 2011 by Protea Boekhuis verskyn het, is vroeër vandeesmaand oorlede.

Johan Liebenberg en Louis Jansen van Vuuren, jarelange vriende van Dreyer, het op LitNet hulde gebring aan die voormalige supermodel – die eerste Suid-Afrikaanse model wat op Vogue se voorblad verskyn het. “Sy is dierbaar, vrygewig, snaaks, eerlik en lojaal. Nelle is soos ‘n suster vir my en ons kon oor enigiets en alles gesels. En lag,” skryf Jansen van Vuuren.

Izak de Vries het ook aan Dreyer hulde gebring met ‘n fotoartikel, ook op LitNet. Hy skryf: “Die mens agter die boek was net so warm, eerlik en reguit soos die mens in die boek. Passievol. Briljant. Nederig, al het sy presies geweet wat sy wil hê. Natuurlik ook: Pragtig. Beeldskoon, steeds laat in haar lewe.”

Lees die huldeblyke:

Nelle Dreyer: ‘n Ster verskiet
Louis Jansen van Vuuren

Ons – ek en Nelle – is studente aan die Universiteit Stellenbosch en ons behoort aan dieselfde modelagentskap in Kaapstad. Sy is reeds ‘n legendariese skoonheid op Matieland. Wie kan die gelaaide oomblik en uitspattige gejuig vergeet toe sy as Sjampanjenooi voor die skare op Coetzenburg uitstap. Dit was nie slegs die hoop op oorwinning wat die skare laat jubel het nie. Dit was ook ‘n kollektiewe, onderbewuste herkenning van skoonheid. Daardie onpeilbare element – je ne sais quoi. Die x-faktor. Óf jy het dit, óf jy het dit nie. Nelle het dit. In oorvloed.

Murray la Vita skryf in 2011 in Die Burger na aanleiding van ‘n onderhoud met Nelle Dreyer:

Benewens haar natuurlike skoonheid – die oë, die mond, die lenige figuur – is Nelle ook iemand met ‘n sonderlinge styl en uitstraling.

Nelle Dreyer
Izak de Vries

Danksy Annari van der Merwe, wat ook goed bevriend was met Nelle, het die manuskrip by Protea beland. Daar was nooit enige twyfel dat ons dit moes uitgee nie. Die boek was so eerlik, so reguit. So anders…

Nelle Dreyer het lewendig geword op papier. Uit haar woorde is ’n hardkoppige, slim mens met baie foute aan die wêreld gewys.

Die boek is koelbloedig eerlik. Dit is ’n navolgingswaardige biografie.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment