Kom vier die bekendstelling van Asterix en die verlore papirusrol by Protea Boekwinkel Stellenbosch
Protea Boekhuis nooi jou graag na die bekendstelling van Asterix en die verlore papirusrol deur Jean-Yves Ferri, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Didier Conrad.
Kom vier die opwindende geleentheid op Saterdag, 7 November by Protea Boekwinkel Stellenbosch om 11:00.
Coenraad Walters sal gesels oor die belangrikheid van dié publikasie en Johanna Steyn sal meer vertel oor die Afrikaanse vertaling.
Asterix en die verlore papirusrol is die 36de boek in die gewilde Asterix-reeks en het op 22 Oktober wêreldwyd verskyn – ook in Afrikaans.
Moenie die feesviering misloop nie!
Besonderhede
- Datum: Saterdag, 7 November 2015
- Tyd: 11:00
- Plek: Protea Boekwinkel Stellenbosch
Bergzicht Plaza
Andringastraat
Stellenbosch | Padkaart - Gespreksgenote: Coenraad Walters en Johanna Steyn
- RSVP: stellenbosch@proteaboekwinkel.com, 021 882 9100
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Asterix en die verlore papirusrol deur Jean-Yves Ferri, vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois, geïllustreer deur Didier Conrad
Boek se tuisblad
EAN: 9781485305415
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment