Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Verstaan die Slagtersnek-opstand beter met Slagtersnek en sy mense deur JA Heese

Slagtersnek en sy menseSlagtersnek en sy mense deur JA Heese is nou beskikbaar op Protea Boekhuis se rakke:

Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het.

Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.

Oor die outeur

Wyle dr JA Heese het sy bekroning op sy argiefstudie in 1971 bekom met die baanbrekerswerk, Die herkoms van die Afrikaner, 1657–1867. Talle artikels uit sy pen het ook reeds in Familia, kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap in Suid-Afrika, verskyn waarvan hy ook stigterslik en ere-sekretaris was.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment