Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

’n Kunstenaar se lewe gevier: Om Hennie Aucamp te onthou, saamgestel deur Danie Botha

Om Hennie Aucamp te onthouOm Hennie Aucamp te onthou, saamgestel deur Danie Botha, is nou beskikbaar op Protea Boekhuis se rakke:

Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede.

Lees: Rus in vrede, Hennie Aucamp (1934-2014)

In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van die Aucamp-familie in die Stormberge.

Die skryfster Margaret Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op ’n buurplaas grootgeword het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur.

Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta Lübbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se laaste dae. Foto’s van Philip de Vos en Marius Bakkes skep ’n visuele beeld van die woordman Aucamp.

Oor die outeur

Hennie Aucamp het in 1963 as kortverhaalskrywer gedebuteer. Benewens talle kortprosabundels het hy ook ses digbundels gepubliseer en byna elke noemenswaardige literêre prys ontvang. Die samesteller Danie Botha is ’n bekende uitgewersredakteur en self ook skrywer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment