Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe reeks vir kinders: Robbie Ramkat, effens vet maar dapper en op sy ‘Kampioenkat van die Jaar’

Twee nuwe Robbie Ramkat-boeke deur Marc de Bel, met illustrasies deur Frieda van Raevels, verskyn eersdaags by Protea Boekhuis:

Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek ’n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die Jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.
 

Robbie Ramkat: Katskenades onder die volmaan!

 

Robbie Ramkat. Katskenades onder die volmaan! In die eerste boek in die reeks – Katskenades onder die volmaan! – ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem.

Ten spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie…
 

Robbie Ramkat: Die bal van Bil Jart

 
Robbie Ramkat: Die bal van Bil JartDie bal van Bil Jart is die tweede boek in die geïllustreerde reeks van Marc de Bel.

Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. ’n Groot jammerte, want dit hoef glad nie ’n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: die bal van Bil Jart, ’n unieke tennisbal met ’n handtekening daarop.

Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop… en Robbie is reg vir aksie.
 

Oor die outeur

Marc de Bel was jarelank ’n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In ’n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie.

Oor die illustreerder

Frieda Van Raevels gradueer met ’n meestersgraag in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as ’n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment