Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

F.A. Venter se Geknelde land gee diep-menslike antwoorde op vrae oor die Groot Trek

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek.

Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is.

Geknelde land is ’n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot ’n besluit gedwing word.

Oor die outeur
Frans Venter (1916–1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.

Book details

 

Please register or log in to comment