Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Die elfde titel in die Jasper-reeks weer herdruk

Die is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun?

Kom deel in die avonture van Jasper.

Oor die outeur:

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

Book details

 

Please register or log in to comment