Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Twee nuwe Asterix-boeke vir die jongspan

Asterix en die Koperpot
Vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois

Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou.

Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel.

Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul?
 
 
 
 
 
 
 

Asterix in Spanje
Vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois

Die dapper Iberiërs hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende.

Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliërs reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pépé uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem.

Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pépé trotseer …

Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.

 
 
 
 
 
 
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment