Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar!

Polleke

Polleke het ’n kêrel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou…

Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het!

Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.

Guus Kuijer (1942) is ’n Nederlandse outeur wat baie bekend is vir sy Madelief-reeks vir kinders. In 2012 het hy die Astrid Lindgren-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot kinder- en jeugliteratuur, en in 2008 het hy die kortlys gehaal vir die Hans Christian Andersen-prys. Die boek van alle dinge (Protea 2015) is ook in Afrikaans beskikbaar.

Martjie Bosman is op Groblersdal gebore en het aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy in 1977 ’n B.A. (Hons.) (Afrikaans) (cum laude) behaal en in 1985 ’n meestersgraad (cum laude) in Afrikaanse letterkunde. Ná twee jaar in die onderwys word sy in 1981 by die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) van die RGN as navorser aangestel. Van 2000 tot 2004 is sy as Argivaris (Afrikaanse radioprogramme) by die SAUK se Klankargief werksaam. In Augustus 2004 word sy as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sy publiseer sedert 1990 gereeld gedigte in literêre tydskrifte en debuteer in 2003 met die bundel Landelik, waarvoor sy die Ingrid Jonker-prys ontvang. In 2010 verskyn haar tweede digbundel, Toevallige tekens. ’n Aantal artikels en ander publikasies oor sosiaalwetenskaplike en literêre onderwerpe het ook van haar pen verskyn.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment