Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Sam en Julia besoek die teater en gaan baljaar by ’n kermis in die twee nuwe Muishuis-titels

Nog nooit is daar vir diere so ’n mooi nessie gebou soos in Karina Schaapman se Die Muishuis nie. – NRC Handelsblad

 
 
Die Muishuis: By die teater (2)

Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies.

Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. Min wetend dat die klip later handig te pas sal kom …

Soos in die topverkoper Die Muishuis: Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers en ruimtes in die Muishuis verken.

In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.

Die Muishuis: By die kermis (3)

Daar’s ’n kermis in die stad! Sam en Julia gaan kyk hoe die vermaaklikhede gebou word. Daar kom ’n agtbaan wat so hoog is dat dit tot by die derde verdieping van die Muishuis reik. Hulle kan nie wag om op daardie rit te klim nie! Maar daar is een probleem: Alle plesierritte kos geld en hulle het nie geld nie. Hulle bedink saam met die rommelboer ’n plan om ekstra sakgeld te verdien.

En dan kom die groot dag. Die dag waarop Sam en Julia kermis toe mag gaan! En dit is ’n geweldige kermis, want alles waarvan ’n muisekind maar kan droom, is daar. ’n Balgooikraampie, stampkarretjies, ’n spookhuis en die einste agtbaan …
 
 
 
 
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment