Jan De Kinder se Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? is ’n pragtig geïllustreerde en humoristiese prenteboek met verwysing na die bekende sprokie Rooikappie
Pappa Wolf en Wolfie gaan verken die bos. Pappa Wolf is glad nie op sy gemak nie, hy sien oral gevaar! Wolfie probeer om sy pappa moed in te praat en hardloop vrolik vooruit.
’n Pragtig geïllustreerde en humoristiese prenteboek met verwysing na die bekende sprokie Rooikappie.
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
Die Belgiese skrywer en kunstenaar Jan De Kinder het in 2002 gedebuteer met die prenteboek Mathilde. Sedertdien is sy werk al in 14 tale vertaal. Naas skrywer, kunstenaar, spreker en voorleser is Jan ook ’n passievolle eenwielfietsryer met belangstelling in professionele hansworsery, sirkus, improvisasie en straatteater. Sy gunstelingkleur is rooi – in elke denkbare skakering. Hy woon in die Vlaamse stad Tienen saam met sy vrou, drie dogters en ’n mannetjieskat.
Boekbesonderhede
- Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? deur Jan De Kinder; vertaal deur Amelia de Vaal
EAN: 978-1-4853-0872-0
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!!
Please register or log in to comment